PRAAG: selfbeskikkingsvergadering 3 Sept 2011, Centurion

Dan Roodt inlig@praag.co.za roep mense op om die vergadering oor kantons en selfbeskikking op 3 September 2011 by te woon Centurion: munisipale raadsaal h/v Rabie- en Basdenstrate, 10vm – 17:00. Kan ook op Skype en video gevolg word vanaf http://www.afrikanerraad.org

His articles are also in English: http://praag.co.uk/

ENDANGERED SPECIES OF AFRICA BILLBOARD Dan Roodt skryf:  “Sedert 1994 was die pessimisme oor Suid-Afrika se toekoms onder die ANC-bewind nog nooit so erg soos nou nie. Oor die afgelope maande het ‘n hele debat egter losgebars rondom die soeke na oplossings vir ‘n Afrikanertoekoms vorentoe. ‘n Sterk idee wat oral byval vind, is selfbeskikking op plaaslike vlak. ‘n Vergadering oor ‘n moontlike kantonstelsel om selfbeskikking op plaaslike vlak te verseker, sal op 3 September 2011 plaasvind.” https://twitter.com/#!/danroodt

  • LET WEL: Die lokaal waar die vergadering plaasvind, is intussen verskuif na Centurion-munisipale raadsaal, op die hoek van Rabie- en Basdenstrate, Centurion. Die vergadering sal om 10:00 begin en sal om 17:00 eindig.

Of volg dit op Skype en video vanaf http://www.afrikanerraad.org

Vir diegene wat nie die vergadering persoonlik kan bywoon nie, sal dit vir belangstellendes moontlik wees om die vergadering op Skype en Video te volg vanaf die webwerf. Diegene wat insette wil lewer maar nie die vergadering kan bywoon nie, kan skriftelike voorleggings aan ons deurstuur welke voorleggings dan op die vergadering ter tafel gelê sal word.  Registreer by http://www.afrikanerraad.org of stuur ‘n epos aan inlig@praag.org.

Die kostes is soos volg, afhangend van waar u kom: Pretorianers R100;  PWV-inwoners R50,  Alle ander  Gratis

Die vergadering mag ‘n geskiedkundige gebeurtenis wees en geskied te midde van ‘n ongekende debat oor selfbeskikking in Afrikanergeledere en hoe finansies en infrastruktuur in groot dele van die land van die huidige verval gered kan word.  Die begeerte heers by baie mense om weer inspraak in die bestuur van hul eie gebiede te verkry en ‘n kantonstelsel of selfbeskikking op plaaslike vlak is al wat daarvoor voorsiening maak. Oor die langer termyn meen kenners dat die vestiging van sodanige kantons wat onderling met mekaar saamwerk tot toekomsigte volkstate binne die sentralistiese Suid-Afrika kan lei, met die moontlikheid van eksterne selfbeskikking wat uit de facto-beheer oor eie grondgebied(e) kan spruit.

Die bydrae wat so ‘n kantonstelsel tot onderwys, welsyn en veiligheid kan maak, sal ook onder die loep kom.  ‘n Vorige vergadering enkele weke gelede is deur ‘n wye spektrum van Afrikaanse organisasies en politieke partye bygewoon en het die hoop op groter onderlinge samewerking tussen Afrikaners laat opvlam

Elke dorp of voorstad behoort ‘n verteenwoordiger na die vergadering te stuur.

Dis die enigste uitweg vir ons mense:

Donderdag, 1 September 2011 07:08 PRAAG. “ In ‘n meningspeiling op timeslive.co.za dink byna 70% van die stemmers dat pres. Jacob Zuma se posisie in gevaar gestel word deur die opkoms van die Jeugliga.  Vir Praaglesers is dit natuurlik ou nuus dat die gewelddadige oproepe van die ANC-jeugligapresident Julius Malema aan sy ondersteuners verreikende gevolge vir Suid-Afrika gaan inhou.

Die gedurige gepaai van Naspers se meningsvormers en hulle naïewe geloof dat Malema se aandrange deur “wigte en teenwigte” gestuit gaan word, is weer eens deur die peiling weerlê. Die wonder van demokrasie gaan binnekort by ons liberale sprokieskrywers kom spook. Vandaar die noodsaak om behoorlike beplanning vir Afrikaners se toekoms van stapel te stuur. Saterdag, 3 September, se vergadering oor Afrikaneroutonomie by die Centurion-raadsaal is daarom beslis die moeite werd om by te woon.  Die skrif is aan die muur, ook vir die goedgelowiges onder ons.

Johannesburg Kamer van Koophandel Keith Brebnor: “ Jeugliga-chaos versterk die persepsie van SA as ‘n onstabiele handelsvennoot:’

tvoerende hoof van Johannesburg se Kamer van Koophandel en Nywerheid, Keith Brebnor, sê Dinsdag se finansiële verliese vir Johannesburg word tussen R30 miljoen en R50 miljoen beraam, maar het gewaarsku dat die ware monetêre verlies minimaal is in vergelyking met die werklike skade, beeldskade, wat die land opgedoen het.  Hy het gesê dat Dinsdag se chaos by ‘n lang lys van ontwrigtings gevoeg kan word “wat die persepsie versterk dat die land meer onstabiel as ‘n handelsvennoot raak. Dit hoef nie waar te wees nie, maar persepsies is die werklikheid,” sê Brebnor.  “Al die goeie dinge wat ons opgebou het rondom die Wêreldbeker-sokkertoernooi, het ons verloor.”

African Rainbow Minerals se uitvoerende voorsitter, Patrice Motsepe, het ook die nasionaliseringsdebat gekritiseer.

Dawie Roodt van die Efficient-groep sê: “Ons moet onthou internasionale beleggers skuld ons niks. Hulle sal belê in ‘n land met ‘n stabiele politieke situasie en dit is nie wat ons nou sien nie,” sê Roodt.  Hy het gesê dis ‘n duidelike boodskap dat die kabinet en die president nie beheer oor die situasie het nie. Bewyse hiervoor, sê Roodt, is hoe Dinsdag se chaos internasionale hoofopskrifte gemaak het. Die Financial Times het gesê Malema se plan om minstens 60% van die land se myne oor te neem in staatsbesit, is ‘n risikoskuif wat die regering bankrot kan laat en die land se appèl as ‘n beleggingsbestemming kan vernietig.

New York Times: “Malema het sy steun bewys maar potentiële buitelandse beleggers en die groot wit minderheid van hom vervreem’…

The New York Times stel die probleem nog helderder: “Terwyl hy sy steun bewys het, het hy uiteindelik potensiële buitelandse beleggers vervreem asook lede van die land se groot wit minderheid.”  Laasgenoemde slaan die spyker op die kop.

  • Afrikaner vervreem deur taaldiskriminasie, BEE, swart-rassisme, verguising van wit tenderpreneurs, plaasmoorde…
  • Die wit Afrikanerminderheid, die grootste minderheid, is egter nie alleen vervreem deur Dinsdag se chaos of onlangse oproepe van “Kill the Boer” nie, maar ook deur taaldiskriminasie, regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging, ongebreidelde swart rassisme en konstante verguising deur wit sowel as swart tenderpreneurs, plaasmoorde en owerhede wat in weerwil van hierdie felle aanslag, steeds afsydig staan.

Vir groot getalle Afrikaners wat lankal ekonomies na die bestaansvlak en plakkerskampe gerangeer is, asook vir diegene onder ons wat hul erfenis en nalatenskap koester, is beleggersvertroue nie vreeslik hoog op die agenda nie.  Die ideaal van onafhanklikheid en selfbeskikking is wel, want dit is die enigste uitweg uit die toekoms wat Julius Malema voorhou. 

bronne:

Verslag van die Volksstaatraad: http://www.praag.co.za/volkstaat/9792-verslag-van-die-volkstaatraad.html

https://twitter.com/#!/danroodt

http://www.praag.co.za

https://www.facebook.com/pages/Dan-Roodt/154597821256758

Lees ook: PVV vra dat EU-ontwikkelingshulp aan SA gestaak word:  http://bit.ly/qGJb84

About Adriana Stuijt
Retired South African-Dutch journalist formerly Sunday Times Johannesburg

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: